TABOK  /  SEGE  TERSIËR INISIATIEF  

Vordering van klagtes

DRINGENDE VERSOEK.

1. Inleiding.

Ons is tans besig met die versameling van gegewens oor die afskaling van die gebruik van Afrikaans as voertaal aan voormalige Afrikaanstalige universiteite asook die huidige algemene benadeling van Afrikaners deur die owerhede van hierdie universiteite. Dit geld dus toestande aan die Universiteite van Stellenbosch (US), Vrystaat (UOVS), Noordwes (voormalig die PU vir CRO), Johannesburg (voormalig die RAU) en Pretoria (UP). Inligting oor toestande aan die Nelson Mandela Metropool Universiteit (voormalig Universiteit van Port Elizabeth) is ook welkom.

2. Navraag.

Die samewerking van alle belanghebbendes word benodig as 'n dringende projek om soveel vaste gegewens as moontlik byeen te bring oor onlangse benadeling van Afrikaans en Afrikaners aan die bogenoemde inrigtings. Vanuit die gekoördineerde beeld wat so VOOR DIE EINDE VAN FEBRUARIE met u medewerking verkry word, sal daar met die universiteitsowerhede en ook die ter saaklike staatsinstansies gesprekke gevoer word met die oog op onmiddellike regstelling. Die bevindinge mag ook lei tot verdere gekoördineerde optrede.

Die vaste gegewens wat verlang word, raak veral voorbeelde in vyf kategorieë:

2.1 Die aanstelling van enkeltalige nie-Afrikaanssprekende dosente en administrators waardeur·die dosering, toets en eksaminering van besondere voorgraadse en nagraadse kursusse uitsluitlik of in hoofsaak deur medium Engels bedryf word.

2.2 Die veranderde aanbieding van besondere kursusse (soms op kort kennisgewing) sodat dit voortaan uitsluitlik deur medium van Engels gevolg kan word. Hiermee val saam vaste voorbeelde waar kursusse voortaan volgens die meerderheidsbesluit van studente wat die betrokke module/semester- of jaarkursus volg slegs in Engels of Afrikaans aangebied mag word.

2.3 Die verpligte aanbieding van kursusse (soms op aandrang van studente) gedurende dieselfde lesuur sowel in Afrikaans as in Engels. Dit is sogenaamde dubbelmediumdosering. 'n Aanbiedingswyse van hierdie aard word allerweë opvoedkundig as baie swak gereken omdat dit onvermydelik tot die verlaging van standaard lei.

2.4 Die verandering van die etos van die besondere universiteit deur openlike of bedekte minagting deur die bestuursinstansies (departementshoofde, dekane, administratiewe personeel en topbestuur) van die lewensbeginsels en lewenswyse (kultuur) van die Afrikaner. Hier sou onder andere voorbeelde van die volgende ter sake wees:

2.4.1 Werklike of aangevoelde minagtende of neerhalende verwysing na
die geskiedenis en vryheidstrewe van die Afrikaner. 

    2.4.2 Werklike of aangevoelde minagting van die Arikaner se Christelike
            oortuiging onder andere deur die afskaffing van openbare
            getuienisgeleenthede soos die opening van vergaderings met skriflesing
            en gebed, afskaffmg van akademiese wydingsdienste, minagting van die
            Sabbat ens.

    2.5   Naas voorbeelde van die bogenoemde sake is besonderhede van
     die universiteitsowerhede se motivering (indien enige) vir hulle
     aweregse optrede natuurlik ook ter sake.

    3. Terugvoer.
 

    3. 1 Elke respondent moet asseblief genoeg persoonlike besonderhede
    verstrek sodat daar direk met hom in verbinding getree kan word. Hier
    dink 'n mens aan voorletters en van, slakkepos- en blitsposadres,
    telefoon- en faksnommer asook loopfoonnommer.
 

     3.2 Die bogenoemde besonderhede moet met groot dank aan elke
    medewerker, asseblief direk aan een van die volgende gestuur word:
 

     3.2.1 TABOK (Trust vir Afrikaanse Beheerliggame Onderwys en Kultuur):

Aandag Tilla Theron: Telefoonnommer: (012) 644 2234/5; faksnommer; (012) 644 2232; blitsposadres: <admin@tabok.co.za>.
 

     3.2.2 Prof R. D. Coertze: Telefoonnommer: (012) 460 2494; loopfoonnommer 0824589032; blitsposadres:  roelof@endecon.co.za ; slakkeposadres: Posbus 25722, Monumentpark 0105.

Proffessor R.D.Coertze, 

 


 

Vordering van klagtes

8 Februarie 2006

 

Geagte Meneer / Dame

 

I/S:  VORDERING VAN KLAGTES / ad HOC KOMITEES

 

  1. Aangeheg vind asseblief ‘n skrywe vanaf Die Voorsitter van hierdie inisiatief gedateer 21 November 2005.

Ons ontvang graag dringende geskrewe inligting soos deur Prof Coertze versoek.

 

  1. Die dagbestuur het reeds besluit om, as dit moontlik is ‘n ad HOC komitee vir die voorheen Afrikaanse Universiteite te stig.  Die doel is om studenteleiers, Akademisie en Oud-Almamaters wie beskikbaar is en belangstel in so ‘n nie-amptelike komitee saam te voeg.  Die hoop is om so die broodnodige inligting plaaslik in te samel en deur te voer.

  1. Die indeling t.o.v. die byeenbring van hierdie ad-HOC groepe is as volg toegeken aan die dagbestuurslede:

 

3.1  Tukkies:                                               

Prof. Roelof Coertze

Tel.No  (012) 460 2494

e-pos  roelof@endecon.co.za

 

3.2  Universiteit van Johannesburg:  

Christo Hattingh

Tel.No. 083 455 6740

e-pos  christoh@wol.co.za

 

3.3 P U K 

Louis Smuts

Tel.No.    (012) 6442234/5

Faks No:  (012) 6442232

e-pos:  louis@tabok.co.za

 

3.4 Bloemfontein:                          

Henk van de Graaf

Tel.No.  (012) 8047803

e-pos:  henk@hvo.co.za

 

3.5 Stellenboch:

Louis Smuts

Tel.No.  (012) 6442234/5

Faks No.  (012) 6442232

e-pos:  louis@tabok.co.za

 

Ons versoek dringend dat belangstellendes direk die organiseerder van elke AD-HOC komitee te skakel indien u belangstel om hulp te verleen of van iemand anders weet wat kan.  U kan ook u besonderhede direk na die TABOK adres stuur vir Tilla Theron se aandag.

 

Ons hoop om spoedig van u te hoor.

 

Baie dankie. 

 

Louis Smuts

Voorsitter TABOK

 

Medewerkers

 


Webmeester