TABOK
/ SEGE
TERSIËR INISIATIEF
21
November 2005
Geagte,
Student / Ouer / Dosent / Donateur,
I/s:
Aksie teen die vernietiging van die Afrikaner se Etos tov. Taal,
Kultuur en Christelike waardes aan Afrikaanse Universiteite
Ons
glo dat u reeds kennis geneem het van die gesamentlike aksie soos deur
TABOK en SEGE geinisieer is.
Tydens
‘n Bestuurskomiteevergadering op 14 November 2005, is besluit om ‘n
algemene inligtings / aksieskrywe na alle belangstellendes uit te stuur
oor;
Doel
Die
doelstellings is;
1.1
om die huidige vernietiging van die Afrikaanse Etos aan die
voorheen Afrikaanse Universiteite teen te staan en sover moontlik te
stuit.
1.2
om die bestaande Etos en regte van die Afrikaner as etnies
kulturele minderheid in terme van artikels 31(1), 235 en 29(2) van die
Grondwet van die RSA op te eis.
1.3
om alle vorme van benadeling van Afrikanerstudente aan hierdie
universiteitsrade na te speur, op te volg en indien nodig deur litigasie
te beëindig.
1.4
om universiteitsrade aan te spreek oor die bepaalde benadelings en
waar moontlik regstellings te beding en by gebreke daaraan na die gepaste
howe te neem.
1.5
om ouers en Donateurs te monster om dringend te besin oor finansiële en
ander batebydraes aan genoemde Afrikaanse instellings wat met hierdie
praktyke voort te gaan.
1.6
om ‘n gepaste ad HOC, Ouer / Dosente / Donateurs / Studentekomitee vir
elke Afrikaanse Universiteit op die been te bring ten einde te help met
die versameling, ontleding en aanbevelings in elke geval.
1.7
om indien alle weerstand verniet is, met ‘n landswye aksie te begin om
twee volwaardige Afrikaanse Universiteite ten koste van die bestaande
instellings tot stand te bring.
2.
AD/HOC Komitee
Ons
soek dringend na studente / ouers / donateurs en dosente wat bereid is om
op elke Afrikaanse Kampus ‘n eie ad HOC komitee te vorm met wie geskakel
en gekodineer kan word.
3.
Werkswyse
Die
gedagte is dat elke ad HOC komitee help om;
3.1
Inligting te versamel op afrikaanse studente wat deur kwotakeurings
benadeel is.
3.2
Inligting te versamel oor die ontydige en onwettige wysigings van
Afrikaanse kursusse na ander tale, teenstrydig met die instellings se eie
bepalings.
3.3
Inligtng te versamel oor die aanstelling van dosente wat nie
Afrikaans magtig is nie ten koste van Afrikaanse leerkragte.
3.4
Inligting te versamel oor Afrikaanse Dosente wat gedwing word om in
ander tale onderrig te gee, anders as wat hulle aanstellingsvoorwaardes
bepaal.
3.5
Inligting oor elke universiteit se amptelike taalbeleid.
3.6
Inligting oor elke universiteit se amptelike toelatingsbeleid.
3.7
Inligting oor Beurse en Lenings vir Afrikaanse studente bedoel wat
aan anderstaliges toegeken word of waarvan die aanvanklike
toekenningsvoorwardes gewysig is.
3.8
Inligting m b t donateurs wie persoonlik in hierdie saak genader
kan word.
Ons
verneem graag d m v enige skriftelike bydraes t o v bogenoemde of enige
ander aksies teen Afrikaans. Dit
kan direk na TABOK se kantoor gestuur word vir Tilla se aandag.
Faks:
012 644 2232 E-pos:
admin@tabok.co.za
Verder
ontvang ons graag name en kontakbesonderhede van studente / ouers /
dosente en donateurs wat beskikbaar en gewillig is om op ‘n plaaslike ad
HOC komitee te dien.
Baie
dankie
Prof.
R D Coertze
Voorsitter
|