NUUSBRIEF

 

_________________

DIE OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE PLEKNAAM TSHWANE

Prof L J Louwrens, Departement Afrikatale, Unisa.

Voordrag gehou voor Die Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis (SEGE)

Pretoria, 27 Februarie 2006.

INLEIDING

Daar is tans drie populre verklarings vir die oorsprong en betekenis van die pleknaam Tshwane, nl.

1.      Tshwane is vernoem na n seun van die legendariese Ndebeleleier Musi wat vroer in die omgewing van die huidige Bon Accord geregeer het.

2.      Tshwane beteken ons is eenders.

3.      Die pleknaam Tshwane hou verband met die apies van die Apiesrivier.

In my voordrag wil ek eerstens argumente aanvoer waarom al drie bogenoemde verklarings ongegrond en dus onaanvaarbaar is. Daarna wil ek n moontlike vierde verklaring aan u voorhou wat m.i. die naaste aan die waarheid kom omdat dit die volledigste en samehangendste uiteensetting is van hoe die pleknaam Tshwane sy ontstaan kon gehad het.

Ons oorweeg dus eers die meriete van die drie verklarings wat ek hierbo genoem het.

TSHWANE IS VERNOEM NA n SEUN VAN DIE LEGENDARIESE NDEBELEKAPTEIN MUSI

Hierdie is die Metropolitaanse Raad se amptelike standpunt soos uiteengesit in n verslag van 2004 getitled Renaming Pretoria: Report of the city of Tshwane. Daarom skryf n lid van die burgemeesterskomitee Lebogang Lance Nawa in Beeld van 3 Junie 2005 onder die opskrif Tshwane, om vredeswil:

Die naam Tshwane is gewortel in di gebied, wat oorspronklik beset is deur Musi, Tshwane se pa.

Die taakspan wat die verslag saamgestel het baseer hulle standpunt op n publikasie van Van Warmelo van 1944 waarin hy n kerngenealogie van die Hwaduba uiteensit. Die Hwaduba, wat indertyd noord van Pretoria gewoon het, was oorspronklik Ndebeles wat heeltemal versotho het. Hulle het aan Van Warmelo verduidelik dat Tshwane een van Kaptein Musi se seuns was en dat hy  ses vroue gehad wie se name hulle nie meer kon onthou nie. Tshwane het ses seuns verwek, een by elk van hierdie vroue.

Wat die verslag egter moedswillig verswyg is dat Van Warmelo in sy publikasie uitdruklik waarsku teen hierdie onakkurate weergawe van historiese feite. Ek vertaal Van Warmelo se vermaning soos volg:

Hierdie is n denkbeeldige genealogiese rekonstruksie van wat in werklikheid gebeur het. Dit is daarop gemik om die bestaan van die verskillende Ndebelestamme te verklaar, en moet daarom nie vertrou word nie.

Van Warmelo se waarskuwing is egter deur die Metroraad se taakspan in die wind geslaan, met die gevolg dat die misleidende idee dat die plek Tshwane na n befaamde Ndebele kapteinseun vernoem is wreldkundig geraak het. U kan maar self n soektog onder die trefwoord Tshwane op die internet loods en kyk op watter verregaande verwringings van hierdie valse gedagte u afkom.

Daar kan drie argumente teen hierdie verklaring aangevoer word:

1.      In 1921 het HCM Fourie n doktorsgraad in die godgeleerdheid aan die Universitieit van Utrecht behaal met n proefskrif getiteld Amandebele van Fene Mahlangu en hun religieus-sociaal leven. Dit was 23 jaar voor Van Warmelo se publikasie van die bogenoemde genealogie van die Hwaduba. Onder die name wat Fourie vir Musi se 5 seuns gedokumenteer het kom Tshwane nie voor nie. Nege jaar later, d.w.s. in 1930, bevestig Van Warmelo na n onafhanklike ondersoek Fourie se bevinding dat Musi nie n seun Tshwane gehad het nie. Maar bykans n kwarteeu na Fourie se baanbrekerswerk duik die naam Tshwane as seun van Musi skielik op tydens Van Warmelo se ondervraging van Hwadubarespondente. Die Hwaduba was in daardie stadium reeds so versotho, dat hulle bitter min van hulle oorspronklike Ndebele taal en kultuur oorgehou het. Geen wonder nie Van Warmelo, wat vandag steeds groot respek afdwing vir sy onberispelike deeglikheid, het die Hwaduba se verduideliking afgemaak as n gefabriseerde rekonstruksie van historiese gebeure. Waarom sou Van Warmelo se eie respondende van 14 jaar vantevore en Fourie sn van 23 jaar vroer nie van hierdie seun Tshwane geweet het nie? My eie oortuiging, na n uitgebreide navorsingsprojek wat ek pas oor die onderwerp voltooi het, is dat daar nooit n persoon soos Tshwane bestaan het nie, en dat ons hier met n fiktiewe karakter te doen het. Desnieteenstaande het die Metroraad reeds goedkeuring verleen dat daar vir hom n standbeeld voor die stadsaal opgerig word met n statuur gelyk aan di van Andries en Marthinus Wessel Pretorius.

2.      Die tweede argument wat ek wil aanvoer teen die propagandistiese siening dat die plek Tshwane vernoem is na n seun van die Ndebelekaptein Musi is eenvoudig: Musi se Ndebeles was nie die eerste inwoners van die vroe Pretoriagebied nie. Verskeie gesaghebbende etnologiese en argeologiese bronne plaas die Ndebele onder Musi se teenwoordigheid in die Pretoria-omgewing tussen 1600 en 1670. Hierteenoor is daar onbetwisbare etnologiese, argeologiese en taalkundige bewyse dat Sotho-Tswanasprekers reeds vanaf ongeveer 1130 in die ou wes- en noordwes-Transvaal was, en dat hulle teen 1460 al gevestig was in die Swartkoppiesomgewing in die Britsdistrik en verder ooswaarts. As ons die teenwoordigheid van Sotho-Tswanasprekers in die ou Pretoria-omgewing plaas teen ongeveer die tweede helfte van die 15de eeu, beteken dit dat hulle nagenoeg twee eeue voor Musi se Ndebeles reeds in die gebied was. Die waarskynlikste moontlikheid is dat toe Musi se Ndebeles in die omgewing van die huidige Pretoria aangekom het op hulle noordwaartse migrasie uit die voormalige Natal, hulle Sotho-Tswanagemeenskappe hier aangetref het wat reeds die naam Tshwane aan die gebied gegee het.

3.      Die derde punt van kritiek is kort maar baie kragtig: Vandag se Ndebeles  noem Pretoria nie Tshwane nie, maar iPitori. Hulle het m.a.w. die Afrikaanse naam oorgeneem en verndebele. Waarom sou hulle dit doen as die plek vernoem is na n seun van hulle legendariese opperhoof Musi? As vandag se Ndebeles hieroor uitgevra word s hulle sonder huiwering dat Tshwane n Tswananaam is, en dat hulle dit drom nie gebruik nie. As ons aanvaar dat dit Sotho-Tswanas is wat die plek eerste Tshwane genoem het en nie Ndebeles nie, word die hele kwessie of Musi wel n seun Tshwane gehad het of nie totaal irrelevant.

TSHWANE BETEKEN ONS IS EENDERS

Hierdie verklaring vir die betekenis van Tshwane word, interessant genoeg, ook deur die Metroraad onderskryf. Ons sien die slagspreuk We are the same op munisipale busse, op diensterekenings, in advertensies in die gedrukte media, om maar n paar te noem. Om te verkondig dat die gedagte van eendersheid opgesluit l in die pleknaam Tshwane is n slim propagandaslenter van die Metroraad waarvoor daar geen taalkundige regverdiging bestaan nie. Die taalkundige argumente wat op hierdie punt betrekking het is tegnies, en daarom gaan ek nie nou daarop in nie. Ek is egter bereid om gedurende vraetyd verder hierop uit te brei. Wat, eenvoudig gestel, hier gebeur het is die volgende: daar bestaan in Tswana toevallig n werkwoord tshwana wat beteken eenders wees maar wat hoegenaamd niks met die pleknaam Tshwane te doen het nie. Dit het nogtans vir die Metroraad die gaping gelaat om hierdie werkwoord vir politieke doeleindes te kaap deur die betekenis daarvan ast ware op die gelykluidende pleknaam Tshwane in te ent. En hoe verkeerd dit ookal mag wees, is hierdie bedenklike inligting ongelukkig reeds wreldwyd versprei soos wat n internetsoektog onder die trefwoord Tshwane baie gou aantoon. Hoe ver hierdie leuen al geloop het blyk byvoorbeeld ook uit n oorsese e-pos wat my op 9 Februarie vanjaar bereik het waarin daar staan (ek vertaal):

Ek het pas n kopie van die Statebond se jaarboek vir 2005 in ontvangs geneem. Op bladsye 6 en 7 is daar n beknopte beskrywing van die Stad Tshwane. Die betekenis van die naam word ondubbelsinning aangegee as Ons is eenders. Is dit reg? Ek herinner my dat u al n paar jaar terug ges het dat, alhoewel hierdie verduideliking wyd aanvaar word, dit nie korrek is nie.

DIE PLEKNAAM TSHWANE HOU VERBAND MET DIE APIES VAN DIE APIESRIVIER

Hierdie verklaring is so vergesog dat dit bykans nie kommentaar verdien nie, maar kom ons oorweeg dit nietemin. Sover ek kon vasstel was dit die naamkundige Peter Raper wat hierdie verklaring eerste geboekstaaf en so die wreld ingestuur het. Dit het die kreatiewes onder diegene wat ontevrede is met die voorgenome naamsverandering die ideale geleentheid gegee om spottenderwys na Tshwane as Aapstad te verwys.

Raper verbind die naam Tshwane met die Apiesrivier, en hierin moet hy gelyk gegee word. Wat hom egter in die strik laat trap het is die feit dat die woord vir bobbejaan in Tswana tshwene is. Omdat tshwene vir die ongeoefende oor naastenby soos Tshwane klink het Raper die twee met mekaar in verband gebring en die stelling gemaak dat Tshwane, net soos die Afrikaanse naam Apiesrivier, afgelei is van die blouapies wat vroer volop langs die rivier voorgekom het. Wat hier egter misgekyk word is dat die Tswanawoord vir blouaap kgabo is en nie tshwene nie, en selfs iemand met geen kennis van n Bantoetaal nie kan snap dat kgabo en Tshwane gladnie met mekaar verband kan hou nie.

n ALTERNATIEWE VERKLARING VIR DIE OORSPRONG EN BETEKENIS VAN DIE PLEKNAAM TSHWANE

In die res van my voordrag wil ek n alternatiewe verklaring vir die oorsprong en betekenis van die pleknaam Tshwane aan u voorhou, wat vir my die mees logiese en dus die aanvaarbaarste is. In kort kom dit daarop neer dat die pleknaam Tshwane afgelei is van die Tswanawoord vir n swart koei naamlik tshwana op grond van die sentrale rol wat n rituele swart koei in n antieke renmaakseremonie gespeel het. Verder is dit belangrik om te onthou dat n renmaakseremonie hoegenaamd nie sonder rituele water kon plaasvind nie. My redenasie is dat die onlosmaaklike band wat daar in vervlo tye tussen n swart koei tshwana, enersyds, en rituele water uit die Apiesrivier, andersyds bestaan het, daartoe gely het dat die Apiesrivier oorspronklik die naam Tshwane gekry het, en dat di naam na die stigting van Pretoria in 1855 op die stad oorgedra is.

Bevestiging hiervoor vind mens in n belangrike artikel wat Ellenberger, distrikskommisaris vir die destydse Bechuanaland Protektoraat, in 1937 gepubliseer het in Transactions of the Royal Society of South Africa. Hierin dokumenteer hy n verklaring wat bejaardes van die Letestam wat ook in die omgewing van Pretoria woonagtig was aan hom voorgehou het oor hoe die naam Tshwane ontstaan het. Let in die volgende verkorte vertaalde weergawe van Ellenberger se beskrywing op die onderlinge verbondenheid tussen n swart koei tshwana, en rituele water:

Terwyl hulle by Tshwane was het die stam uiterste hongersnood beleef. Onder sulke omstandighede was dit gebruik dat een van die huishoudings vir die kaptein n swart koei of os gee net nooit n bul nie met die versoek dat hy ren maakNadat die dier aan die kaptein oorhandig is het hy die hele stam bymekaargeroep en die renmaker genooi om die dier te inspekteer. Daarna het die renmaker kruie versamel waarvan hy party op plekke geplaas het as beskerming teen weerlig, hael en werwelwinde, terwyl hy die res gehou het vir die seremonie van die besprinkeling van die swart os of koei. By sy terugkeer het al die jong meisies wat inisiasieouderdom bereik het die renmaker na die rivier vergesel waar hulle in klein kleipotjies water gaan haal het..Die geselskap het dan al singend en dansend na die stat teruggekeer waar die renmaker die water uit die kleipotjies in n groot renmaakpot gegooi het..tesame met die oorblywende kruie wat hy versamel het. Nadat hy die mengsel geroer het, het hy daarvan na die stam se vergaderplek geneem waar hy die dier besprinkel het..Hierna is die dier losgelaat om vryelik rond te wei omdat daar geglo is dat waar dit ookal loop, dit die aarde vrugbaar en ontvanklik vir ren sou maak. En sowaar, die droogte is deur sulke oorvloedige rens gebreek dat die plek genoem is Tshwane, plek van die swart koei.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ek die standpunt huldig dat die Apiesrivier wat met sy drie sterk standhoudende fonteine destyds n uiters belangrike landmerk moes gewees het, die eerste was wat die naam Tshwane gekry het. Dit het gebeur omdat daar in antieke tye n onlosmaaklike band tussen n rituele swart koei en seremonile water uit die Apiesrivier bestaan het. In hierdie opsig is dit ook van belang dat Van Warmelo, Breutz en Raper Tshwane beskou as die naam van die Apiesrivier en niks anders nie. Die verandering van die slotvokaal a in tshwana (swart koei) na e in die pleknaam Tshwane is n baie algemene naamgewingstrategie in Sotho-Tswana waarop ons gedurende vraetyd kan terugkom as u dit nodig ag.

Ten slotte: Die Apies is nie die enigste rivier in die Tswanagebied wat Tshwane heet nie. Breutz meld dat die Roosspruit wat net wes van die Hartebeespoortdam in n noordelike rigting vloei se Tswananaam ook Tshwane is, terwyl Ellenberger van nog n Tshwane melding maak, naamlik Brakfontein in die omgewing van Abjaterskop in die Marico. Die vraag wat ek in u midde wil laat is die volgende: Is dit toevallig dat Tswanasprekers die naam Tshwane op hierdie wyse met waterbronne verbind?

Dankie vir u aandag en vir die geleentheid wat u my gebied het om my idees met u deel.

______________

Top

Tweeweeklikse Rubriek oor die Volkereg

 

Prof. Tobie Louw ~ Departement Filosofie, Universiteit van Fort Hare

 

"Die Gang van Erkenning" 15 Maart 2006

 

Die Internasionale Reg, of Volkereg in die Germaanse tale, is die regsgesag waarvolgens die aktiwiteite van entiteite wat met die gesag van 'n internasionale regspersoonlikheid beklee is, ideaal gereguleer word. Sodanige aktiwiteite slaan normaalweg op die gedrag en onderlinge verhouding tussen onafhanklike staatsliggame. Dit sluit egter ook die aktiwiteite van transnasionale instansies en indiwidue in. Vandaar die onderskeid tussen respektiewelik die publieke volkereg en die private volkereg.

 

In ons snel veranderende wreld is dit te verwagte dat daar 'n versugting na die regulering van gedragskodes en dus praktiese handelswyses sal wees. Die vernietigende onsekerheid waarin die hele wreld gedompel is a.g.v. die twee wreldoorlo van die afgelope eeu, die verreikende gevolge van die wisselende magsewewig onder die groot magsblokke, asook die heersende tydsgees van genadelose ekonomiese wedywering was oorgenoeg motivering vir die daarstel van 'n nuwe orde.

 

Hierdie orde is gegrond op die veronderstelde gemeenskaplike belange van die geheel wat vanuit 'n bepaalde morele perspektief aangespreek word. In sigself is dit verwortel in 'n hele reeks bepalings oor "menseregte". Sodanige regte geld onvervreembaar vir alle mense en word dus met apriori status beklee, d.w.s. dit "behoort" aan elkeen ongeag enige verdienste, verwerwing of plignakoming. Die begrip menseregte veronderstel van meet af dat die staat (of koning) nie te vertroue is as die beste beskermheer van die regte van of indiwidue of groepe nie. Hierdie benadering bring egter onvermydelik 'n "kultuur van selftoeiening" mee waarin nieverdienste, onproduktiwiteit, pligloosheid en onverantwoordelikheid as deugsaam voorgehou word. Die betekenis en impak van die omvattende kulturele rewolusie as medewegbereider van die heersende globalisme, word vir 'n ander bespreking gelaat.

 

Die geheel van etiese raamwerke en inhoude deur die VN bedoel, beteken dat die volkereg ook beskryf kan word as 'n normatiewe ontwerp.  Hierdie ontwerp het ten doel om elke aspek van internasionale verkeer in terme van gestelde gemeenskaplike waardes reguleer. Dit styg dus uit bo die ooglopende verskille tussen waardesisteme en praktyke wat van staat tot staat en korporasie tot korporasie heers. Botsende belange tussen state oor byvoorbeeld grondgebied en die besit en beheer daarvan, eweseer as die botsende behoeftes en belange van kompeterende transnasionale maatskappye wat oor nasionale grense heen opereer, noodsaak die poging tot die daarstel van sodanige normatiewe reguleringsraamwerke. Die grondslae daarvan word egter meesal onkrities aanvaar, terwyl die magisreg benadering steeds, heel menslik, hoogty vier.

 

Hierdie algemene beskrywing impliseer egter 'n verskeidenheid gesigspunte waarvan die belang bepaal word deur steeds veranderende werklikhede. Een so 'n gesigspunt het te make met die vereistes om 'n nasionale staat te konstitueer, welke staat dan weer jurisdiksieaansprake oor 'n bepaalde territorium uitoefen. Sien bv. die Montivideobepalings oor die regte en pligte van state van 1933, waarvan die eerste artikel lui:

"The state as a person of international law should possess the following qualifications: (a) a permanent population; (b) a defined territory; (c) government; and (d) capacity to enter into relations with the other states."

Dit sluit natuurlik alle natuurlike persone in wat hulself binne daardie gebied bevind. Let op dat die nasiestaat as 'n gemeenskaplike regspersoonlikheid beskou word. Omgekeerd het so 'n staat verskeie wetlike verantwoordelikhede teenoor die landsburgers en hul omgewing en word sisteme opgestel om te verseker dat daar gesonde balans gehandhaaf word. Word nie daaraan voldoen nie en 'n regering hou op om staat te wees, gaan die selfbeskikkingsreg (teoreties) terug na die selfbeskikkingsubjek.

 

Normaalweg knoop state ook formele betrekkinge met mekaar aan om verkeer tussen lande te reguleer, bv. toerisme, handel en nywerheid. Dit gebeur nie soseer omdat daar aan algemene norme voldoen word nie, maar vanwe wat genoem kan word "verligte selfbelang". In uiterste gevalle van byvoorbeeld n oorlog, natuurramp, hongersnood of ekonomiese verval in 'n land, is daar 'n reeks internasionale akkoorde wat geld vir die behandeling en regte van oorlewendes, vlugtelinge, krygsgevangenes en selfs oorlogsmisdadigers. Interstaatlike betrekkinge strek egter ook oor gebiede wat heelwat moeiliker is om presies af te baken, soos nasionale teenoor internasionale gebiedswaters, kuberruimte, die buitenste ruimte en globale handelsverkeer.

 

'n Voorbeeld van private internasionale regte is die kopieregwette wat in die meeste lande geld. Gewoonlik erken so 'n wet ook die beginsel van universele intellektuele eiendomsreg wat dus internasionaal geldingskrag het. Dieselfde geld vir advertensieregte, musiekproduksies, films, ens. wat vereis dat 'n geldige kontrak vir elke geval opgestel word en deur alle partye verstaan en bekragtig sal word. 'n Kontrak wat egter geheel en al tot die voordeel van een party en tot die  nadeel van 'n ander party geld, al is dit deur alle betrokkenes bekragtig, is van meet af aan nietig. In sulke gevalle is die jurisdiksie van n hof gewoonlik n debateerbare kwessie.

 

Die globaliseringstendens in die hedendaagse wreld is 'n onontkenbare feit van die heersende tydsgees. In die meeste opsigte het die globalistiese Zeitgeist die van die Koue Oorlog vervang en daarmee ook die tasbare ideologiese botsing tussen kapitalisme en kommunisme. Globalisering het egter ook sy natuurlike teenhanger in die herlewing van die nasionalistiese  bewussyn in vele lande. Derhalwe kan met reg van 'n herlewing van 'n kultuurgedrewe volknasionalistiese bewussyn gepraat word. Die filosoof Paul Ricoeur praat byvoorbeeld van die spanning tussen universele beskawingsnorme en nasionale kultuuridentiteite. Die heropkoms van volksnasionalisme bring klassieke vyande opnuut teenoor mekaar te staan, bv. die huidige spanning tussen Europa en die Arabiese Moslemstate.

 

Wat duidelik begryp moet word, is dat die Volkereg geensins onproblematies is nie. Dis nie 'n stel wette wat sonder meer op almal afgedwing kan word nie. Daar bestaan ook geen effektiewe meganisme om toe te sien dat selfs state wat dit onderskryf, sodanige bepalinge nakom nie. Die uitsprake oor arbitrasiesake wat deur die Internasionale Geregshof aangehoor word, val dikwels op dowe ore: byvoorbeeld die bevinding dat die oprigting van die Israelse muur die groepsregte van die Palestyne skaad en dat dit onverwyld afgebreek moet word. Die Volkereg bied ewemin 'n kitsoplossing vir konfliksituasies.

 

Voorts bevat die Volkereg ook interne botsings. Enersyds bv. word die beginsel van die selfbeskikkingsreg van volke as die "mees fundamentele vryheid van 'n volk" erken. Iets wat "mees fundamenteel" is, behoort logies gesporoke voorrang bo enige ander beginsel te geniet. Nietemin word selfbeskikking ondergeskik gestel aan 'n utilitaristiese beginsel waarvolgens die integriteit van 'n bestaande geografiese staatsorde as onskendbaar en dus absoluut beskou word. Lg. word dus verhef tot 'n hor reg en stel die selfbeskikkingsreg van volke binne sodanige staat ondergeskik aan tydelik bepaalde (en dikwels deur geweld gedwonge) bestaande territoriale ordes.

 

Hierdie skaakmatposisie gee egter weer aanleiding daartoe dat volksnasionalistiese groepe hul stem al sterker laat hoor teen die onkritiese aanvaarding van landsgrense wat byv. onredelik afgedwing is of sonder instemming van alle partye eensydig gewysig is. Hul argumenteer dat volke veel langer as nasiestate bestaan en dat lg. se nuutgevonde belange ondergeskik gestel moet word aan die etniese  kultuuridentiteit van die betrokke volke. Sesessie is een meganisme wat in sulke gevalle 'n werkbare oplossing bied, soos wat tewens na die opbreek van die SowjetUnie en die kommunistiese Warskouverdragstate gedurende die afgelope twee dekades gebeur het.

 

Die afwesigheid van 'n afdwingbare strafregsisteem, ongeag die bestaan van eers die Volkebond en daarna die Verenigde Nasies Organisasie as hoogste gesagsliggame, verswak die effektiwiteit van sodanige internasionale morele kodes. Nietemin bestaan daar byvoorbeeld internasionale handveste, verklarings, resolusies en verbonde wat algemeen geld en waarvan die geldingskrag in die grondwet van die meeste beskaafde lande in beginsel erken word.

 

Waar laat bostaande ons, in soverre "ons" na die Afrikaanstalige kultuurgemeenskap in die algemeen verwys? Op een vlak word diegene wat probleemloos by die Nuwe SuidAfrikaanse politieke bestel inskakel, die idele beskerming gebied van 'n grondwet wat bv. die VN se "Universele Verklaring van Menseregte" erken as 'n basisdokument met universele morele gesag. As blote minderheidsgroep binne die SuidAfrikaans orde is die werklikheid dat haas elke vorm van selfseggenskap stelselmatig uit die hande van die gewone burger geneem word en deur die sentrale staatsgesag oorgeneem is.

 

Minderheidsregte verwys wel na groepe, maar dit kom steeds neer op min of meer arbitrre groeperings waarbinne 'n beperkte aantal indiwidue hul regte opeis, bv. 'n belastingbetalersvereniging. Wat betref 'n volksgemeenskap geld minderheidsregte in sommige gevalle wel, maar nooit sonder erkenning daarvan en samewerking daartoe deur die betrokke staatsregering nie. Die Pakistani's in Engeland kan as minderheidsgroep bepaalde minderheidsregte van linguistiese, kulturele, religieuse en etniese aard opeis, maar beslis nie politieke selfbeskikking op "eie" grondgebied binne Brittanje nie.

 

Daar bestaan ook verskeie rigtinggewende verklarings en verbonde oor die regte van volkere, wat een en elk op die fondament van die selfbeskikkingsreg van volke gebaseer is. Hierdie reg kan nie t.o.v. 'n indiwidu geformuleer word nie (sien bv. Art. 55 van die VN se Handves, asook hul Resolusie 1514 van 14 Des. 1960 oor die Toestaan van Onafhanklikheid aan Koloniale Lande en Volke), maar geld slegs t.o.v. 'n volksgemeenskap. Lg. moet aan bepaalde vereiste voldoen en van tyd tot tyd demonstreer dat dit steeds vir hulle geld.

 

Belangrike rigtingwysers aangaande die regte wat voortspruit uit die selfbeskikkingsreg van volke, is die volgende verbonde, wat op 16 Des. 1966 aanvaar is: Die Internasionale Verbond van Burgerlike en Politieke Regte, asook die Internasionale Verbond van Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte.

 

Dis welbekend dat die Afrikaanse politieke gemeenskap in sy onlangse verlede geen aangename behandeling deur die VN ondervind het nie. Die "winde van verandering" wat sedert die 1950's en 1960's oor die kontinent gewaai het met die sg. dekolonialisering en onafhanklikheidswording van Afrikalande, het SuidAfrika uit pas geforseer. Daarmee het hy die enigste land geword waar die heersers van oorspronklik Europese herkoms nie hul goedjies gevat en geloop het nie.

 

Die stryd om selfbehoud word pragtig beskryf in die omvattende volume van Jan Heunis van 1986: United Nations versus South Africa. Daarin ontleed hy o.m. die volkeregtelike vereistes wat die VN aan die RSAregering gestel het oor die selfbeskikkingsreg van die swart volke. Hy toon ook aan hoe daar in elke opsig aan die vereistes voldoen is met die skep van die vier onafhanklike tuislande, asook die ses selfregerende administrasiewe gebiede. Die VN het daardie bedeling egter afgemaak as 'n "Bantustanpraktyk" en geis dat die ganse SuidAfrika met behoud van sy kunsmatige Uniegrense ! aan 'n eenmenseenstem meerderheidsregering uitgelewer word. Die res is geskiedenis, wat daartoe gelei het dat bestaande internasionale grense radikaal geskend is en herenig is in 'n eenheidstaat, teen die grein van die beginsel en praktyk waarvolgens selfbeskikkende volkstate in dieselfde tyd in OosEuropa tot stand gekom het.

 

Een onvermydelike bygevolg van die 1994 regeringswisseling is dat die selfbeskikkingsreg van die blanke in die algemeen, en die toe reeds gedeelde selfbeskikkingsreg van die Boerevolk in die besonder, geheel en al in die slag gebly het. 'n Ander bygevolg is dat op geen lewensterrein enigiets onaangeraak gebly het nie. Daarvoor sorg die regering se blatante rasgebaseerde Wet op "Swart Ekonomiese Bemagtiging" by uitnemendheid. Daarmee is egter 'n streep getrek deur die geloofwaardigheid van die ANCregime se propaganda van nierassigheid. Dis begryplik, aangesien hul Marxistiese ideologie onvermydelik op hierdie kunsmatige kontradiksie teer.

 

Bg. wet is op sy beurt geskoei op die sg. gelykheidsbeginsel in die RSAGrondwet. Die beginsel kom daarop neer dat "onbillike diskriminasie" op grond van ras (waar die slagoffer swart is) kategories ontoelaatbaar is. Omgekeerd is "billike diskriminasie" o.g.v. ras (as die benadeelde wit is en die bevoordeelde swart) nie alleen toelaatbaar nie, maar ook volgens ingestelde kwotastelsels afdwingbaar en krimineel vervolgbaar indien dit nie streng nagekom word nie. Vir die Marxis is dit geen logiese selfweerspreking nie, maar 'n historiese noodwendigheid.

 

Natuurlik stel die RSAGrondwet dit nie in hierdie terme nie, maar dit kom darop neer indien die gelykheidsartikel krities saamgelees word met wette soos die Gelyke Indiensneming en die genoemde Swart Ekonomiese Bemagting. Vir lg. is daar soos te verwagte verskeie minder vleiende beskrywings in die omgangstaal in omloop.

 

Tydens die 1992referendum is onskynlik 'n blanko tjek aan die regerende party gegee om die wit volke van SuidAfrika se onderling gedeelde selfbeskikkingsreg te vernietig. Sedertdien het daar slegs namens die Boerevolk herhaalde aansprake op, asook 'n baie eksplisiete eis, voorgekom om die herstel van onafhanklikheid. Daar is wel aan blanke Afrikaanstalige burgers die wortel voor die neus gehou waarvolgens 'n "Afrikanervolkstaat" deur onderhandelinge beding sou word. Die regerende party het daarmee saamgewerk, maar het helaas geen voorstel van die Volkstaatraad aanvaar nie en heeltemal in gebreke gebly om enige daarvan te implementeer.

 

Bestaande akkoorde oor selfbeskikking vergader tans stof en laat 'n nuwe situasie ontstaan: nl. dat die wet vir 'n nuwe bedeling slegs bepaal kan word deur 'n veranderde wil! Geen verduideliking of verskoning is ooit aangebied vir die regeringsparty se niereaksie nie. Gevolglik bly die vredeliewende blanke Afrikanerbevolking, waarvan tenminste 70% hulself by herhaling ten gunste van volwaardige onafhanklikheid in 'n eie staat verklaar het, steeds in die lug hang wat hierdie opsie betref.

 

Gepraat van wilsduiding: Die vryheidstrewende hoofstroom van die Afrikaanse kultuurgemeenskap in die wydste sin van die woord identifiseer hulself, na eie keuse al hoe duideliker en sonder skroom, as die Boerevolk. Dis by lg. wat daar wel 'n wil bestaan om homself vir die herstel van onafhanklikheid te beywer, alhoewel met inbegrepe van die nuwe sosiopolitieke landskap. Dit sluit vanselfsprekend in dat die jurisdiksieaanspraak van die eenheidstaat oor di volk verwerp word. Dit is by herhaling gedoen, o.m. sodat daar geen sprake kan wees van stilswyende instemming in die proses nie.

 

Die ongeluk van die SuidAfrikaanse situasie is dat hierdie twee uiteenlopende behoeftes, nl. swart teenoor wit selfbeskikking op hierdie wyse ideologies as dialektiese teenhangers gesien word deur die regerende party. Swart en wit bemagtiging word wetlik as wedersyds uitsluitend en onvermydelik tot konflik gedwonge gesien. Die onderliggende ideologie is dat swart bemagting slegs moontlik is indien wit mag gebreek word en tot algehele wit ontmagtiging lei. Enigeen wat dit nie begryp nie, behoort homself met die grondbeginsels van die Marxistiese ideologie te vergewis, of slegs die ANC se Freedom Charter met kritiese oog te lees.

 

Wat betref die onderwys, is daar 'n interessante innerlike tweespalt in regeringsbeleid te bespeur: aan die een kant word lippediens bewys aan die beginsel van demokratiese selfbestuur op grondvlak (bv. die Bestuursliggame van skole as die hoogste grondvlakgesag), terwyl die drang om te selfbemagtig deur wit ontmagting nog sterker is, en voortdurend pogings aangewend word om die regte van bestuursliggame verder in te perk deur wetgewing.

 

'n Algemene regsbeginsel in die internasionale praktyk is dat vryheid wat eenmaal toegestaan is, nooit weer vernietig mag word nie. Die vernietiging van die selfbeskikking van die blanke kollektief en die Boerevolk in die besonder in1994, konstitueer so 'n onregmatige vernietiging. Wat van die Afrikaner se vryheidswil oorgebly het, is 'n interessante vraag wat seer sekerlik slegs op een antwoord dui.

 

'n Algemene punt waaroor stellig die meerderheid blankes en seer sekerlik die oorgrote meerderheid blanke Afrikaanstaliges geredelik sal saamstem, is dat daar van reg en geregtigheid wat ons betref as erkende rasgroep (die ANCregime se eie onwetenskaplike wetlike kategorie!) haas geen sprake meer is nie. Die SuidAfrikaanse eenheidstaat is daardie vreemde bestel waarin die (verteenwoordigers van die) meerderheid wet na wet uitvaardig om die meerderheid teen die klein minderheid te beskerm!

 

Die insig in die bestaan van 'n allesomvattende swart rassisme lei ook vind tot die verdere besef dat daar 'n toestand van grootskaalse en steeds toenemende ongeregtigheid ontstaan het wat betref die regstatus en posisie van witmense in die algemeen. Die feit dat die regerende party, ongeag sy gesagasaanspraak oor almal in SuidAfrika, sedert 1994 geen enkele wet deurgevoer het nie wat die belange van f die wit rasgroep (sic!) f die Boerevolk moes bevorder (in weerwil van sy eie Grondwet), verstewig die persepsie van 'n allesdeursurende ongeregtigheid. Harde vrae oor die geldigheid van die veronderstelde Sosiale Kontrak tussen "al die mense" van die land, ten grondslag van die RSAGrondwet, kan ook met reg gevra word.

 

In die lig van hierdie toestand van ongeregtigheid wat vererger word deur 'n tydelike magteloosheid, word die felle toename in frustrasie heeltemal begryplik. Benewens die onaanvaarbare vlakke van wetteloosheid en kriminele gedrag, belaglike korrupsie met belastinggeld en privaatbates, oneffektiewe regering op alle vlakke, verlies van alle vorme van selfbeskikking, die onmag en onwilligheid van die staatsregering om ons mense teen die ongebreidelde vlae van kriminaliteit te beskerm, asook die sinloosheid daarvan om eers in enige verkiesing te gaan stem, ens., kom die vraag op of ons enige regte as volksgroep het? Indien wel, op watter regte kan ons staan en hoe kan ons dit afgedwing kry? Hierdie vraag is slegs binne indiwiduele verband beskore vir diegene wat vrede het met die eenheidstaat en/of dit met moppering aanvaar deur heelhartig daaraan deel te neem.

 

Alles in ag genome: Waar begin ons, en hoe hou regte wat betef die onderwys, ekonomie, identiteit, beskerming, politieke organisasie, ens. met mekaar verband? Een antwoord is om die weg van minderheidregte te bewandel, d.w.s. met behoud van die volle en finale gesag van die eenheidstaat se sentrale regeerder oor die belangrikste aspekte van enige organisering. 'n Ander weg is om die volkeregtelik erkende grondregte by hernuwing op te eis, sodat daar vorentoe 'n bestel kan kom waarin daar op wyses wat hierdie volk self goed vind, bepaal sal word wat op elke vlak van die selfbeheerde staatshuishouding plaasvind.

 

Dis immers die mees natuurlike ding ter wreld vir n indiwidue of n groep om daarna te streef om van 'n toestand van ongeregtigheid en onvryheid na 'n toestand van geregtigheid en vryheid te verbeter. Kortom gestel: waardeur en hoe word die gang van geregtigheid bepaal? Die eerste en laaste antwoord in hierdie verband is een en dieselfde: erkenning. Daarsonder is enige vordering op die grond futiel! Daarmee kan en behoort 'n omvattende bemarkingspoging aangewend word om selftoegeiende volkeregte so wyd moontlik uit te dra.

 

In die vervolgende rubrieke sal o.m. onderwerpe aangeroer word wat uit die posisie hierbo vloei, byv.: Die internasionale instrumente van die volkereg. Die selftoeiening en erkenning van die selfbeskikkingsreg van volke. Internasionalisering van 'n selfbeskikkingstrewe en onafhanklikheidseis. Selfbeskikking as konflikoplossende bydrae tot wreldvrede. Territoriale dilemmas en die status van volksgenote in "diaspora". Die ewewig tussen protes, selfhandhawing en taktiese samewerking. Opvoeding en onderrig van die jeug en ontwikkeling van toekomstige jeugleierskap. Inhoud van die strewe na nasieskap en staatstatus. Afrika in ongemak met die Volkereg. Volkeregtelike perspektiewe op eierigting in die onderwys. Lesse uit die opvoedkundige staat: van Plato tot Bismarck.

 

 

Die skrywer doseer Filosofie aan die Universiteit van Fort Hare in die OosKaap. Hy is die skrywer van Visies van Vryheid (2005) en 'n Nasionale Kordineerder van die Boereklub van Suider Afrika. Hy dien ook op die Dagbestuur van die Verkennersbeweging, aosok van die Federale Boerevolk Raad. Meer inligting oor die boek kan gevind word by www.incitatus.co.za en die skrywer kan gekontak word by vryspraak@telkomsa.net.

Top

 

Medewerkers

 


Webmeester