Waarom TABOK?
Politieke omstandighede in Suid-Afrika dra daartoe by dat onderrig in
Afrikaans al meer onder druk verkeer. Tydens die afgelope 10 jaar het
Afrikaans enkelmediumskole van sowat 2500 tot net meer as 300 verminder.
Verskeie van hierdie skole is deur politieke druk forseer om na parallel-
of dubbelmedium om te skakel. Navorsing het getoon dat sodra 'n skool na
parallel- of dubbelmedium omskakel groot getalle leerders wat onderrig in
Engels wil ontvang die skool instroom.
Die rede hiervoor is die goeie kwaliteit onderrig waarvoor Afrikaanse skole
bekend is, asook die standaard van die fasiliteite en buitemuurse
aktiwiteite wat by dié skole tot die leerder se beskikking is. Dit lei
daartoe dat die Afrikaanse leerders in hierdie skole binne 'n paar jaar 'n
minderheid is. Die skool verloor stelselmatig sy Afrikaanse etos en
kultuur en kort daarna verander dit in 'n Engels mediumskool.
Voorts word Afrikaans enkelmediumskole forseer om leerders van buite hul
voedingsarea in te neem, aangesien daar in ander areas 'n tekort aan skole
is. 'n Aantal Afrikaanse skole in Gauteng het gedurende 2003 besluit om
saam te staan ten einde die druk wat op hulle geplaas word gesamentlik te
weerstaan. Uit hierdie aksie is TABOK gestig.
Wie kan by TABOK aansluit?
TABOK is 'n trust vir Afrikaanse beheerliggame. Die trust word deur
verteenwoordigers van Afrikaanse beheerliggame bestuur en daarom is dit
noodsaaklik dat alle beheerliggame van Afrikaanse skole by TABOK aansluit.
Ander organisasies en persone wat 'n belang het by die behoud van
Afrikaanse onderwys en kultuur kan ook by die trust aansluit.
TABOK se doelwitte is om binne die grondwetlike raamwerk:
- die etos van
Afrikaanse taal, kultuur, sport, dissiplines en Christelike onderwys
te beskerm en uit te bou;
- 'n klimaat in
Suid-Afrika te skep waarbinne skole sonder vrees vir viktimisasie en
politieke druk hul grondwetlike
regte kan uitoefen;
- sorg te dra dat ouers
se stem deur hul beheerliggame gehoor word;
- beheerliggame te
ondersteun met inligting en advies om die regte
soos vervat in die skolewet op te neem;
- 'n sambreelliggaam te
vorm sodat skole nie individueel onder druk geplaas kan word nie en
- indien nodig 'n aantal
skole te litigeer om sodoende dié skole se regte te beskerm.
Wat beteken dit in
praktyk?
- Om soveel moontlik
Afrikaanse beheerliggame by TABOK te laat aansluit.
- Om ondersteuning aan
beheerliggame, wat lid van TABOK is, te verleen ten opsigte van kommunikasie
met die onderwysdepartement en ander groepe wat druk op die
beheerliggaam plaas.
- Om parallel- en
dubbelmediumskole wat na enkelmedium wil terugkeer in die proses by te
staan.
- Om 'n hoë standaard
ten opsigte van die nuwe kurrikulum in al die grade van ledeskole tot
stand te bring.
- Om, in samewerking met
ander instansies, Afrikaanse onderwysers op te lei en by Afrikaanse
skole in diens te stel en vir hulle bevorderingsgeleenthede te beywer.
- Om alle geregtelike en
grondwetlike kanale en prosesse, met inbegrip van litigasie, te benut
ten einde ledeskole se regte te beskerm.
- Om ander kulturele
regte, soos sport, musiek ens. te bevorder.
Hoe word TABOK befonds?
TABOK is 'n
geregistreerde trust wat sy fondse uit ledegeld verkry. Trustees word
uit die ledebasis verkies. Die aansluiting/lidmaatskapsfooi is:
-
Beheerliggame
R 2 000 (2005)
-
Ander instansies
R 600 (2005)
-
Privaat persone
R 240 (2005)
- Indien lede
www.klopnet.co.za
as Internet Diensverskaffer vir toegang of huisvesting gebruik,
ontvang TABOK elke maand 'n gedeelte van die subskripsie.
-
Enige donasies/borge
Lidmaatskap onderhewig aan jaarlikse verandering vir beheerliggame
alleenlik.
|