Beleidsverklaring

BELEIDSVERKLARING EN AKSIES DEUR TABOK GENEEM 

MULTIKULTURISME & ENKELMEDIUM SKOLE 

TABOK reageer graag ten opsigte van gesprekke wat oor bogenoemde aangeleentheid  op verskeie terreine geskied en gee hiermee ‘n duidelike uiteensetting ten opsigte van sy standpunt en aksies waarmee begin is: 

STANDPUNTE: 

-            TABOK glo dat die Afrikaanse ouergemeenskappe, as volwaardige deelgenote met ander volkere binne die RSA, die grondwetlike reg het om hul kinders na gelang van die ETOS van die Afrikaanse taal, kultuur, dissiplines en Christelike waardes op te voed, sonder om andersins dubbeld daarvoor te betaal.  Daarom beywer TABOK hom vir die behoud van sodanige regte binne ‘n stel van enkelmedium skole en ten minste twee universiteite, binne die bestaande stelsel van openbare skole en tersiëre instellings. 

-                     TABOK aanvaar dat daar ernstige probleme binne parallelmedium skole heers en dat naas die feit dat dit die begin is van die proses om die Afrikaanse ETOS t o v taal, kultuur, dissiplines en Christelike waardes af te takel, dit in wese ‘n onbillike arbeidspraktyk is. Dit behoort dringend aangespreek te word. 

-                     TABOK verskil lynreg oor die praktyk van ‘n multikulturele beleid daar dit onteenseglik lei tot ‘n geradbraakte vorm van onderskeie kulture, of dat die meerdere ( in getalle ) binne 6-8 jaar lei tot dubbelmedium en vir seker daarna tot Engelsmedium.  Dit is eenvoudig ‘n feit dat die getalle ten op sigte van Engelsmedium die skole mettertyd oorneem. 

-                     Parallelmediumstatus het onmiddellik ‘n effek op die bestaande ETOS van die Afrikaanse taal, kultuur, dissiplines  en Christelike waardes.  Trouens dit word bevind dat daar selfs ‘n duidelike effek is binne die situasie waar   

-                     Afrikaanssprekendes,  vanuit verskeie bevolkingsgroepe, vrylik binne een opvoedingsgemeenskap  meng. 

-                     TABOK respekteer die reg van onderskeie ouergemeenskappe om self oor hulle ETOS van taal, kultuur, dissiplines en Christelike waardes wag te hou en te besluit.  Dit is juis in die bestaande wetgewing so beskik en TABOK moedig  ouergemeenskappe aan om hulle regte in hierdie verband uit te oefen. 

-                     TABOK staan buite alle politieke verbintenisse en vind dit vreemd dat politieke partye skielik hieroor wil besin en selfs wil  beheer, terwyl ouergemeenskappe juis glo dat die saak beter gedien word buite die politiek.  Volgens TABOK behoort politieke partye  hulle op die wetgewing en parlementêre proses toe te spits terwyl ouers vanuit verskeie politieke oortuigings, steeds buite die politiek, die reg het om oor die inhoud van hulle skole te beskik.  TABOK glo dat politieke partye die behoeftes en begeertes van die ouergemeenskappe binne die wetgewende proses moet gaan aanspreek in plaas van om hulle bepaalde agendas op ouergemeenskappe af te dwing. 

-                     TABOK glo dat die onderwyserskorps se belange  behoort buite die politieke arena gedien te word  en streef daarna om die onderwys van ons kinders in harmonie en samewerking met sodanige onderwysersorganisasies te dien.   

-                     TABOK bevestig dat hy die Afrikaner as volksgroep, as die behoudende komponent binne hierdie proses beskou.  Verder word erken dat daar lede uit ander volksgroepe is wat hulle met die Afrikaanse ETOS, soos hierbo omskryf, vereenselwig en binne bestaande wetgewing, die reg het om hulle kinders in Afrikaansenkelmedium  skole in te skryf, met dien verstande,  dat die Afrikaanse ETOS ten opsigte van taal, kultuur, dissiplines en Christelike godsdiens nie onderhandelbaar is nie. 

-                     TABOK erken die bestaan van ander ouerorganisasies en streef daarna, waar moontlik, om onderwys in geheel in samewerking met sodanige organisasies te dien. 

-                     TABOK glo dat onderwys slegs sinvol gedien kan word mits daar ‘n vennootskap is tussen die Onderwysdepartement, ouerorganisasies en onderwyserorganisasies, met die nodige respek vir alle ouergemeenskappe se behoeftes. 

BEGINSELS EN AKSIES: 

Ten einde misverstande te voorkom, wil TABOK graag die bepaalde beginsels wat hy tans binne ouergemeenskappe verkondig en uitbou, voorhou: 

TABOK beywer hom om 700 Hoërskole en 2 100 Laerskole ( gemiddeld 3 per Hoërskool) as Afrikaansenkelmedium skole te behou ten einde die Afrikaanse ETOS vir ons taal, kultuur, dissiplines en Christelike waardes te beveilig. 

Dit maak slegs 7% uit van die bestaande skole ( 29 200 ) in die land en word as die minste getal beskou met die vooruitsig om die getal na behoefte te verander. 

-                     TABOK erken dat daar gemeenskappe is wat mag besluit dat hulle eerder die pad van multikulturele status wil volg en respekteer sodanige gemeenskappe se uitoefening van sodanige regte.  TABOK ervaar dat daar ook ouers is wat binne sulke gemeenskappe, wat reeds bestaan, ‘n dringende behoefte het om daaruit te kom.  Daarom beywer TABOK hom om die gewillige ouergemeenskappe,  binne bestaande parallelmedium skole, wat ten minste 40% of minder Engelssprekende leerders het, te identifiseer en hulle in te sluit  by die aksie van die oorblywende Afrikaansenkelmedium skole om sodoende die getal van ten minste 2 100 Afrikaansenkelmedium skole op te maak.  

-                     TABOK het reeds begin met ‘n aksie om ouers, wat hulle kinders in oorwegend Afrikaansenkelmedium skole wil plaas,  aan te moedig om hulle kinders van 2005 na die ge-identifiseerde parallelmedium en Afrikaansenkelmedium skole oor te plaas.  Hiermee word beoog om ‘n proses van omgekeerde groei in sodanige parallelmedium skole,  sowel as groei in bestaande Afrikaansenkelmedium skole, te bewerkstellig. Die doel is om oor enkel jare ‘n natuurlik groei terug  na Afrikaansenkelmedium ( ten op sigte van huidiglik parallelmedium skole) en terselfdertyd bestaande Afrikaansenkelmedium skole te vul waar leë fasiliteite is.  TABOK glo dat daar deur hierdie proses ruimte vir Engelssprekende kinders geskep sal word in skole wat reeds parallelmedium is en so wil bly en dat ander skole waar nodig, afgestaan moet word aan Engelssprekende behoeftes.  Dit behoort die Onderwysdepartement te help met hulle probleme ten opsigte van Engelsprekendes binne voorheen Afrikaanssprekende gemeenskappe. 

-                     TABOK het reeds ‘n liggaam vir die nodige litigasie prosesse in plek geplaas  indien sodanige stappe nodig sou wees. TABOK sal egter verkies om alle partye betrokke, in ‘n proses van onderhandeling te betrek ten einde hierdie proses vreedsaam deur te voer. 

-                     TABOK beywer hom om die Afrikaansenkelmedium status na twee bestaande universiteite deur te trek vir dieselfde redes en op dieselfde werkswyse en het  

-                     reeds oor ‘n proses besin om kundiges vir  evaluering en inwerkingstelling, ten einde hierdie doelstelling te verwesenlik, te begin. 

-                     TABOK beywer hom vir die dringende evaluering van die bestaande kurrikulum en dit aan te pas ten einde die bestaande proses van ongeletterdheid aan te spreek en behoorlike standaarde in die Afrikaanse skole terug te plaas vir handhawing binne ‘n toekomstige universiteitsloopbaan. 

-                     TABOK beywer hom vir ‘n gerassionaliseerde stelsel vir onderwysers binne Beheerliggaamposte ten einde beroepsekerheid, pensioen, mediese dienste en selfs oorplaasbaarheid tussen skole, in werking te stel plus die inskakeling by ‘n onderwysers- organisasie. 

-                     TABOK het reeds die proses van onderhandeling vir erkenning en samewerking, met SAOU,  begin. 

-            TABOK het reeds die proses van onderhandeling vir erkenning en samewerking, met FEDSAS, wie dit tans afkeur, begin.  

-                     TABOK beywer hom vir ‘n regverdige sportstelsel binne die genoemde skole wat op meriete berus en nie deur kwotas gereël word nie en het reeds besin oor ‘n proses vir evaluering en aanbevelings om hierdie doelwit te bereik deur middel van ‘n eie sportondersoekkomitee.   (Rugga) 

-                     TABOK beywer hom verder vir ander doelstellings wat verband hou met die volkome uitleef van die ETOS van Afrikaanse kultuur op ander lewensterreine en  beplan die behoeftebepaling daarvan binne ‘n toekomstige kongres. 

ALGEMEEN

Kantore:     G & M Gebou

Warrenstr. 111,

Lyttelton

Posadres:  Posbus 15286, Lyttelton (0140)

Telefoonnommers: (012) 644 2234/5 of na ure (083) 269 9449

Die faksnommer is         (012) 644 2232

Die e-posadres is              admin@tabok.co.za / kommentaar@tabok.co.za

Webblad                          www.tabok.co.za          

TABOK verkry sy fondse uit:

Die aansluitingsfooi wat ledegeld vir die eerste jaar insluit: 

Beheerliggame van skole Kwotasie p/j

Organisasies R   600,00 p.j.

Privaatlede R   300,00 p.j.

Enige donasies en/of borge  

TABOK se bankbesonderhede is as volg:

                                    Bank:               Eerste Nasionale Bank

                                    Tak:                Centurion met Kode 261 550

                                    Rek No:            620 616 48732 

TABOK se TRUSTEE bestaan uit 13 verkose poste plus 5 poste wat deur kundiges gevul mag word.  ‘n  Minimum van 50% plus 1 (7 ),  van die verkose poste moet ten alle tye uit lede van Afrikaanse beheerliggame gevul wees. Die eerste termyn verval  18 maande na amptelike stigting en daarna, elke drie jaar.   

Die huidige struktuur bestaan uit 4 stigtings/verkose lede met twee gekoopteerde lede. TABOK beoog om ‘n eerste kongres binne ses maande na stigting, voor 30 Oktober 2005, te hou en die res van die verkose poste te vul.  Die verkose TRUSTEE vul self die kundige poste. 

Lede van opbetaalde organisasie en/of privaat individue, mag ook tydens enige kongres op die TRUSTEE verkies word. 

Baie dankie. 

Louis Smuts

VOORSITTER TRUSTEE: TABOK

Terug boontoe

Tuisblad

 

Medewerkers

 


Webmeester