|
TABOK/SANBD
BLOEDSKENKKLINIEK.
OOREENKOMS;
Na meer as twee jaar se
onderhandeling het TABOK en die SUID AFRIKAANSE BLOEDDIENSTE ‘n
ooreenkoms gesluit waarbinne TABOKLEDE kan bloed skenk om die behoefte
aan veilige bloed aan te vul. Hierdie ooreenkoms is vir drie jaar geldig
en sal jaarliks hersien word na gelang behoeftes en praktykvereistes.
UITGANGSPUNTE;
Die volgende uitgangspunte
is van toepassing in die ooreenkoms:
1.
Dat TABOKLEDE se bloed
deur die SANBD gekollekteer word tydens gesamentlike bloedklinieke
en daarna verwerk en gedistribueer sal word.
2.
Dat alle TABOKLEDE se
bloed spesiaal gemerk word binne die sisteem wat die SANBD gebruik.
3.
Dat die bloed, wel vir
normale gebruik deur enige persoon, by alle punte waar bloed verskaf
of voorsien word, beskikbaar gestel sal word.
4.
Dat TABOK, deur
ledewerwing onder die Afrikanerouers en - leerders ouer as 16 jaar,
sy lede sal aanmoedig om op gereelde basis bloed te skenk.
5.
Dat TABOK, uit die
TABOKLEDE, medewerkers sal werf wat normale bediening, tydens
gesamentlike bloedklinieke sal verrig.
6.
Dat TABOK, uit die
TABOKLEDE, medewerkers sal werf wat met die tyd opgelei deur -,
geregistreer by - en aangewend sal word deur die SANBD as
operasionele personeel wat tydens gesamentlike bloedklinieke
professionele dienste sal verrig.
7.
Dat TABOK sy eie
databasis van al die TABOKLEDE-SKENKERS, in samewerking met die
SANBD, sal hou.
8.
Dat TABOKLEDE aanspraak
mag maak om tydens normale behoeftes, soos byvoorbeeld operasies
waar bloed benodig word, bloed sal ontvang op die beginsels van;
-
Direkte skenk
(Direct Unit)
-
Selfskenk
(Autologonus Unit)
-
uit die
TABOKLEDEDATA-BASIS en soos deur die SANBD voorsien.
9.
Dat die belangrikste
uitgangspunt is om gereelde skenkers, ten minste drie skenkings per
jaar, te werf sodat daar meer vrylik veilige bloed beskikbaar sal
wees.
10.
Dat TABOK leermateriaal
en ander inligting aan sy lede, tydens gesamentlike bloed-klinieke
mag versprei.
TOEKOMSTIGE
PRODUKTE/DIENSTE
Die volgende produkte en
dienste word vir die toekoms beoog:
-
Bloedplaatjies
(Apheresis-Mega Platalets)
-
Naelstringbloed
(Stem Cell-Cordblood)
-
Rooibloedselle
(Red Cells-Various)
-
Vars Plasma
(FFP-Fresh Frozen Plasma)
KULTURELE ERKENNING;
Die ooreenkoms is tussen
die partye aangegaan op die erkende kulturele bepalings soos vervat in
die Grondwet van die RSA. Die is reeds vir meer as 100 jaar dat die
Afrikaner, in besonder, vrylik bloed skenk en dus ook die grootste
skenkergroep binne die RSA uitmaak.
Gebeure die afgelope drie
jaar, het ‘n dramaties afname in hierdie tendens onder die Afrikaner
teweeggebring, wat een van vele faktore is wat ‘n tekorte aan veilige
bloed veroorsaak.
Deur positief binne
kulturele verband betrokke te raak, poog TABOK om deur sy ledeprogram ‘n
sinvolle bydrae in die verskaffing van veilige bloed te maak.
Dit is nie net ander
persone wat veilige bloed nodig mag kry nie maar ook ek, u, ons
gesinslede, familie en vriende. Ons persoonlike bydrae kan help om ook
vir onsself voorsiening te maak.
WORD ‘n TABOKLID en ‘n
GEREELDE BLOEDSKENKER.
LIDMAATSKAP:
Elke persoon wat by Tabok aansluit en sy
lidmaatskap maandliks instand hou as Goue, Silwer of Groen kaarthouer,
is ten volle geregtig op al die voordele van TABOK se
lidmaatskapsvoordele. Dit sluit ook die deelname aan die
Bloedbankdatabasis en hierdie voordele in. Dit is nie nodig om ook ‘n
skenker te wees om in die voordele te deel nie. Dit is egter noodsaaklik
dat lede wel sal oorweeg om gereelde skenkers te word want dit is die
enigste wyse waarop genoegsame bloed beskikbaar gestel kan word vir die
sukses van die projek.
Terug na
TBSD
|